Search
  • Autus Team

‘N ONSIGBARE VIRUS WAT ONS ALMAL RAAK

Wie sou aan die begin van die jaar kon raai dat ‘n onsigbare virus soveel fisiese, sosiale, en ekonomiese verwoesting kon saai?

Die eerste reaksie van mense wanneer hulle met onsekerheid gekonfronteer word is selfbehoud. Om terug te trek vir beskerming en ‘n veilige posisie te neem is ‘n natuurlike reaksie. Meeste van ons is blootgestel aan nuwe uitdagings en aanpassings wat aan ons daaglikse lewens gemaak is. Hoe ons met familie en geliefdes kommunikeer, hoe ons inkopies doen, hoe ons aanbid en vele ander gewoontes is besig om te verander.


Een feit is egter duidelik: Autus kliënte wat deeglike finansiële planne in plek het en dit gereeld met hulle adviseur hersien is beter voorbereid om die nuwe en onsekere toekoms beter te hanteer. Die Autus welvaartspan is alreeds besig om te besin hoe die COVID-19 pandemie die toekoms van finansiële beplanning en advies gaan beïnvloed en aanpassings te oorweeg. Kliënte spandeer reeds hulle geld meer omsigtig en koop slegs die “moet-hê’s” goedere en vermy die “wil-hê’” goedere. Ons glo dat om te spaar vir uitdagende en onsekere asook om skuld op meer hanteerbare vlakke te hou aansienlik meer aandag gaan in die toekoms sal geniet.


Navorsing het bewys dat individue wat van adviseurs gebruik maak meer geneig is om finansieel beter af te wees as diegene wat hulle eie finansiële beplanning doen. Die Autus adviseurs doen steeds deurlopend jaarlikse kliënte hersienings en kommunikeer met kliënte per selfoon, epos, WhatsApp en Skype waar dit moontlik is. Ons mis die persoonlike kontak met kliënte, maar gegewe die omstandighede is dit tans nie moontlik nie en dit kan kan geruime tyd duur voordat dit hervat kan word. Interne prosesse het nietemin verseker dat alle administratiewe funksies by Autus glad verloop deur personeel wat tuis werk.


Die onderstaande skakel is ons nuwe digitale Autus Privaat Kliënte brosjure. Ons moedig u aan om dit te lees en kennis te neem van die span wat beskikbaar is om u by te staan met al u finansiële beplanning en beleggings. Ons is veral trots op die toekennings wat ons verlede jaar ontvang het van International Adviser in Londen. Autus is aangewys as Best Adviser Firm of South Africa. Ons het ook die Excellence in Client Service en Excellence in Professional Development toekennings ontvang. Dit is ook ons voorreg om vir Hardi Swart CFP®, FPI Financial Planner of the Year 2019 as deel van ons dinamiese span te hê. Ons sal dit waardeer as u met vrymoedigheid hierdie brosjure na lede van u familie, vriende en kollegas sal stuur wat kan baat vind uit ‘n vertroulike gesprek en finansiële assessering met ‘n Autus Wealth adviseur.


Ons sê dankie aan alle Autus kliënte vir u deurlopende ondersteuning en boodskappe van bemoediging die afgelope paar maande. Ons waardeur u vertroue en wens u en u geliefdes ‘n gesonde tyd toe.


Deel ons nuwe digitale Autus Privaat Kliënte brosjure met vriende, familie en kollegas:

APC brosjure
.pdf
Download PDF • 7.70MB

Kontak 'n Autus Welvaartadviseur by admin@autus.co.za of 086 107 7789.

EXPERIENCE THE AUTUS DIFFERENCE TODAY

Talk to a Wealth Advisor

Today 

Free Assessment

Connect With Us

  • Facebook - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle
  • LinkedIn - Grey Circle
  • YouTube - Grey Circle
  • Twitter - Grey Circle

Autus Private Clients (Pty) Ltd is an authorised financial services provider (FSP 4766) in terms of the Financial Advisory and Intermediary Services Act (Act no. 37 of 2002).